Die beskerming van welvaart vir toekomstige generasies
Welkom by Galileo Advice
Galileo Advice (Pty) Ltd is 'n Geregistreerde Finansiële Diensverskaffer (FSP) wat spesialiseer in die opstel van familiegrondwette, strukturering en finansiële beplanning om welvaart vir toekomstige generasies te beskerm. Ons kliënte is familiebesighede, welvarende gesinne en individue.
Ons hoofkantoor is in Hyde Park, Johannesburg, en ons diens kliënte reg deur Suidelike Afrika.
Voor die Familie Grondwet
Met Familie Grondwet
Dienste
Ons bied ‘n verskeidenheid pas-gemaakte dienste aan. Klik gerus op die diens waarin u belangstel. U is meer as welkom om ons te kontak indien u enige vrae het.
Opstel van Familiegrondwette
Familieboerdery-besighede en familiebesighede in die algemeen dra aansienlik by tot die Suid-Afrikaanse ekonomie en voedselsekerheid. Dit is daarom baie belangrik dat die voortbestaan van familieboerderye in Suid-Afrika verseker word.
Welvaartbestuur en Langtermynversekering
Wanneer u Galileo Advies as u Geregistreerde Finansiële Diensverskaffer (FSP) kies, trek u voordeel uit 'n magdom kennis wat aangedryf is deur 'n span wat werklik omgee vir u kort- en langtermyn doelwitte.
Die Span
THEO VORSTER
Director & Chief Executive Officer
Theo is die Hoof Uitvoerende Beampte van Galileo Capital en is sedert 1989 in die finansiële dienstebedryf. Theo was die Besturende Direkteur van die grootste private kliënt-aandelemakelaarsfirma in Suid-Afrika voordat hy Galileo Capital begin het. Theo is 'n ekonoom en 'n gereelde markkommentator op radio en televisie.
GEORGE ROBERTSON
Direkteur
George is 'n prokureur, aktebesorger en notaris en 'n spesialis in die velde van kommersiële reg en boedelbeplanning. George het ook uitgebreide ervaring in die trustadministrasiebedryf.
MONIQUE BRäSLER
Finansiële Beplanner
Monique is 'n GESERTIFISEERDE FINANSIËLE BEPLANNER® wat deur die Finansiële Beplanningsinstituut van Suid-Afrika (FPI) sowel as die Chartered Institute of Securities and Investments (CISI) in die Verenigde Koninkryk geakkrediteer is. Sy is gelisensieer om finansiële advies in Suid-Afrika sowel as die Verenigde Koninkryk te gee. Sy is sedert September 2013 aktief in die privaatkliëntediensbedryf. Sy is 'n spesialis in beleggings- en aftreebeplanning vir welvardende gesinne.