Dienste

Opstel van Familiegrondwette

Familieboerdery-besighede en familiebesighede in die algemeen dra aansienlik by tot die Suid-Afrikaanse ekonomie en voedselsekerheid. Dit is daarom baie belangrik dat die voortbestaan van familieboerderye in Suid-Afrika verseker word.

Statistiek toon dat die meeste familiebesighede nie 3 generasies oorleef nie. Die rede hiervoor is dikwels dat die reëls en regulasies vir die oordra van die familiebesigheid van die een generasie na die volgende nie omvattend beplan en gedokumenteer is nie.

'n Omvattende familiegrondwet help om die familiebesigheid te laat voortbestaan om 'n bate vir die familie, die gemeenskap en die land te bly.

Drafting of Family Constitutions

Welvaartbestuur en Langtermynversekering

Wanneer u Galileo Advies as u Geregistreerde Finansiële Diensverskaffer (FSP) kies, trek u voordeel uit 'n magdom kennis wat aangedryf is deur 'n span wat werklik omgee vir u kort- en langtermyn doelwitte.

Ons bied deursigtigheid en direkte antwoorde op belangrike vrae oor u bates en beleggings. By ons is daar geen kortpaaie wanneer dit kom by u finansiële sekuriteit nie. As gevolg hiervan kan u die gemoedsrus geniet wat gepaard gaan met gesonde en etiese finansiële besluitneming.

Ons finansiële beplanningsproses betrek die hele gesin en ons beplan vir die verskillende generasies om onafhanklik van die familie besigheid af te tree.

Scroll to Top